Meiji-restourasie

Keiser Meiji verhuis vanaf Kioto na Tokio, einde 1868, soos verbeel deur Le Monde Illustre

Die Meiji-Herstelling (Japannees: 明治維新 Meiji Ishin) was 'n gebeurtenis wat praktiese imperiale heerskappy aan die Japannese Keiserryk in 1868 onder Keiser Meiji herstel het. Alhoewel daar regerende keisers voor die Meiji-Herstelling was, het die gebeure die praktiese vermoëns herstel en die politieke stelsel onder die Keiser van Japan gekonsolideer. Alhoewel die politieke stelsel onder die keiser gekonsolideer is, is mag hoofsaaklik aan 'n groep mense oorgedra, bekend as die Meiji Oligargie (en Genrō), wat gehelp het met die herstelling van die keiserlike mag.[1]

Die doelwitte van die herstelde regering is uitgedruk deur die nuwe keiser in die Eed in Vyf Artikels. Die herstel het tot enorme veranderinge in die politieke en sosiale struktuur van Japan gelei, en het gestrek van die laat Edo-tydperk tot die begin van die Meiji-tydperk. In die tydperk het Japan vinnig geïndustrialiseer, en westerse idees en produksiemetodes aangeneem.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named polsy

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search